Namibia Berries belê groot in bloubessie-projek – Kosmos 94.1

Home Uncategorized Namibia Berries belê groot in bloubessie-projek – Kosmos 94.1
Namibia Berries belê groot in bloubessie-projek – Kosmos 94.1



Namibia Berries belê groot in bloubessie-projek

Namibia Berries beplan om 1,5 miljard Namibiese dollar oor sewe jaar te belê in ‘n uitvoerproduksie-bloubessieprojek aan die buitewyke van Divundu. Die bloubessieplaas van 250 hektaar sal volgens die Namibiese Beleggingsbevordering- en Ontwikkelingsraad byna 800 mense in diens neem en 7 000 werksgeleenthede skep gedurende die oesseisoene. Tans word 30 nuwe werknemers opgelei vir die plantseisoen wat na verwagting oor vier weke sal begin, volgens The Brief. Namibia Berries verwag om sy eerste oes in September volgende jaar uit te voer. Königstein Capital, deur sy beleggingsvennoot Spitz Capital, verbou tans bloubessies by die Mashare-groenskema. Tot dusver het die maatskappy meer as 100 miljoen dollar belê en beplan om sy belegging in die volgende tien jaar tot meer as 1 miljard dollar te verhoog.



Source link

Leave a Reply

Your email address will not be published.