Namibia Wildlife Resorts kry gesogte toekenning
Namibia Wildlife Resorts is vereer met die gesogte Institute of People Management-toekenning vir sy besonderse toewyding om jong talente in die gasvryheidsbedryf te werf en op te lei. By die prysuitdeling in Swakopmund is erkenning gegee aan die organisasie vir sy werwing van ‘n groot aantal studente en assistente. Nelson Ashipala, die organisasie se kommunikasie-bestuurder, deel hul opgewondenheid met Kosmos 94.1 Nuus en moedig ander liggame in die bedryf aan om jongmense te werf vir opleiding.
Leave a Reply