Namibië en Rusland onderteken ooreenkoms oor lugvaart en skeepsbou
Namibië en Rusland het ‘n ooreenkoms onderteken om onder meer op die gebied van lugvaart en skeepsbou saam te werk. Die Namibiese handelsminister Lucia Iipumbu en die Russiese adjunkminister van handel en nywerheid het by die Rusland-Afrika-beraad in St.Petersburg in Rusland die ooreenkoms onderteken wat ook samewerking behels in metallurgie, chemiese nywerhede, vervoer en spesiale masjinerie, sowel as ligte nywerhede. Dit sal die twee ministeries verder in staat stel om die vestiging van sake-kontakte tussen die nywerheids-ondernemings van die twee lande te fasiliteer.
Leave a Reply