Namibië ‘het morele plig’ oor besetting van Palestynse gebiede
Die justisie-minister, Yvonne Dausab, en ‘n internasionale prokureur, Phoebe Okowa, het mondelingse voorleggings namens Namibië gedoen voor die Internasionale Geregshof. Die hof sit in Den Haag, Nederland, oor Israel se besetting van die Palestynse gebiede. Die ministerie se woordvoerder, Edmund Khoaseb, sê hul fokus was op die regsgevolge van Israel se beleid en praktyke in die gebiede, insluitend in Oos-Jerusalem. Hy beklemtoon Namibië se morele plig om aandag te skenk aan die besetting, met verwysing na wyle president Hage Geingob se standpunt teen die geweld in Gaza.
Leave a Reply