Namibië lei pogings van Statebond Parlementêre Vereniging
Namibië het die voortou geneem om te bepleit dat die Statebond Parlementêre Vereniging van ‘n Brits-geregistreerde liefdadigheidsorganisasie in ‘n internasionale interparlementêre organisasie omskep word. Die parlement het vandeesweek ‘n vergadering van die begrotingskomitee van die vereniging se Afrika-streek aangebied. Die voorsitter van die Nasionale Raad, Lukas Sinimbo Muha, sê hulle poog om die Britse regering te oorreed om wetgewing in te stel om die vereniging se wetlike status te verander. Dit is sodat geld wat die vereniging bymekaarmaak nie onder Britse liefdadigheidswetgewing sal val nie, maar deur lidlande gebruik kan word.
Leave a Reply