Namibië moet voordeel trek uit olie en hernubares
‘n Ekonoom sê Namibië is goed geposisioneer om van hernubare energie gebruik te maak. Sy reaksie volg op die land wat ambisieuse teikens gestel het om oor te skakel na ‘n groener en meer volhoubare vervoerstelsel. Namibië het tans ongeveer 100 elektriese voertuie en die doelwit is om 96 500 ligte elektriese voertuie teen die jaar 2025 te hê. Hierdie stap is om kweekhuis-gasvrystellings te verminder, veral van die vervoersektor. Kosmos 94.1 Nuus het met die bekende Suid-Afrikaanse ekonoom Dawie Roodt gesels oor henurbares en die potensiële oliebedryf in die land.
Leave a Reply