Namibië neem nie kuberveiligheid ernstig op nie
Kubersekerheid is onder die loep na kuberkrakers toegang gekry het tot Telecom Namibia se kliënte-data en dit op die donkerweb gedeel het. Amper 620 000 kliënte se data is geraak wat selfs die Presidensie, die sekuriteitsministerie, universiteite, dorps- en streeksrade en meer insluit. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Nrupesh Soni, ‘n digitale strateeg en data-ontleder, wat sê Namibië neem kuberveiligheid nie ernstig op nie.