Namibiese Aandelebeurs wen beste in Afrika-toekenning
Die Namibiese Aandelebeurs is deur Capital Finance International aangewys as 2023 se wenner van die gesogte toekenning, ‘Beste Effektebeursbestuur – Afrika’. Die uitvoerende hoof van die Aandelebeurs, Tiaan Bazuin, sê die toekenning herbevestig hul mikpunt om kapitaalmarkte in Namibië te ontgin, te ontwikkel en uit te brei, terwyl dit aansienlik bydra tot die groei en diversifisering van die ekonomie. Volgens Bazuin strek die beurs se verskeidenheid van finansiële produkte tot voordeel van die beleggerspubliek, terwyl dit ook genoteerde maatskappye op die hoogte bring van toepaslike bestuursvereistes.
Leave a Reply