Namibiese ambassadeurs moet beleggers lok
President Hage Geingob doen ‘n beroep op Namibiese ambassadeurs om nie net die land aan potensiële beleggers in die buiteland te verkoop nie, maar ook om dit ten alle koste teen aanvalle te verdedig. Geingob het by die opening van die negende sitting van die sendinghoofde-konferensie in die hoofstad gesê die sendings in die buiteland speel ‘n belangrike rol in die smee van verhoudings, terwyl hulle terselfdertyd moet voortgaan om nuwe geleenthede vir die land te soek. Die ambassadeurs is verder aangesê om hulself te vergewis van die Afrika-agenda 2063, en bygevoeg dat Afrika ‘n middelpunt van die internasionale betrekkinge-beleid bly.
Leave a Reply