Namibiese kinders moet beter beskerm word
Die voormalige ombudsman advokaat John Walters het sy skok uitgespreek oor kindermishandeling in Namibië. Hy het sy reaksie gegee op nóg ‘n weggooibaba. Die Namibiese polisie het bevestig dit gaan goed met die babaseuntjie wat Donderdag deur ‘n lid van die publiek in ‘n rivierbedding tussen die Ombili en Hakahana informele nedersettings in Katutura ontdek is. Die pasgebore baba is in die Katutura-staatshospitaal opgeneem. Volgens Nampol lyk dit of die ma in die rivierbedding geboorte geskenk het en die baba net daar op die koue wintersoggend vir die dood agtergelaat het. Kosmos 94.1 Nuus het met advokaat Walters gepraat oor toenemende misdaad teen kinders in Namibië wat nie voldoende beskerm word nie.
Leave a Reply