Namibiese Logistieke Vereniging soek antwoorde op HKIA-kwessie
Die Namibiese Logistieke Vereniging het ‘n brief aan die uitvoerende direkteur van die Namibiese Burgerlike Lugvaart-owerheid, Toska Sem, gestuur ná die uitsetting van Menzies Aviation die naweek by die Hosea Kutako Internasionale Lughawe en oorname van Paragon Aviation. Volgens die sekretaris-generaal van die vereniging, Harald Schmidt staar lede nou hoër koste, risiko’s, onsekerheid en versekerings-risiko’s oor vragvervoer in die gesig. Lede het vier vrae aan die lugvaart-owerheid gestuur om meer duidelikheid oor die kwessie te kry, veral of die Namibiese Lughawensmaatskappy die owerheid ingelig het oor Menzies se uitsetting. Die vereniging verwag die antwoorde teen môre sodat hulle hul lede, internasionale kliënte en agente kan inlig.
Leave a Reply