Namibiese omgewingsministerie berei Droogte-protokol voor – Kosmos 94.1

Home Uncategorized Namibiese omgewingsministerie berei Droogte-protokol voor – Kosmos 94.1
Namibiese omgewingsministerie berei Droogte-protokol voor – Kosmos 94.1



Namibiese omgewingsministerie berei Droogte-protokol voor

Die Namibiese omgewingsminister Pohamba Shifeta sê droogtes lei tot grond-agteruitgang en verwoestyning, en het ‘n beduidende impak op baie Afrika-lande. Shifeta woon die Afrika ministeriële omgewingskonferensie in Addis Abeba in Ethiopië by. Hy sê droogtes lei tot die verlies van menselewens, voedsel-onsekerheid, waterskaarste, agteruitgang van natuurlike hulpbronne, maatskaplike onrus en het negatiewe gevolge op die omgewing se fauna en flora. Shifeta sê Namibië sal voortgaan om ‘n Droogte-protokol te ontwikkel en versoek die ondersteuning van Afrika-lande ter voorbereiding van die komende Verenigde Nasies se 16de Konvensie oor Verwoestyning, Cop16.



Source link

Leave a Reply

Your email address will not be published.