MXOAN: Namibiese span berei voor vir eerste motocross resies vandmiddag
Die motocross-spanne wat deelneem aan die MX of African Nations in die Kaap, sal vanoggend oefensessies hou met die eerste resies wat net na een-uur afskop. Die Namibiese span van 21 het reeds vroeër die week aangekom en het al op die baan geoefen. Die spanlede en hul fietse is Vrydag reeds geregistreer en Ingo Waldschmidt berig vanoggend uit die Kaap uit dat hulle beginposisies, wat hulle uit ‘n hoed moes trek, het nie so goed gegaan nie.
En daar is uitdagings met die Ugandese span se fietse…
Die span se hoofborg is Momentum.
Leave a Reply