Namibiese vervoerders het nog nie probleme met geweld in SA nie
Geweld teen vragmotors in Suid-Afrika het weer verlede week kop uitgesteek en die buurland se weermag is ontplooi as voorkomingsmaatreël. In ‘n kwessie van ‘n week is 20 vragmotors aan die brand gesteek en vyf verdagtes is reeds in Mpumalanga aangekeer en sal in die hof verskyn. Daar is kommer oor moontlike gevare vir Namibiese vervoerders wat vrag vanuit die buurland bring maar volgens Hargu Horn, die hoof operasionele beampte van Coleman’s Transport in die hoofstad, is die stand van sake nog bestendig. Hy sê ‘n gereedheidsplan is ontwikkel en die situasie word fyn dopgehou.
Leave a Reply