Namibiese vrou in Hong Kong opgesluit oor kokaïen

Home Uncategorized Namibiese vrou in Hong Kong opgesluit oor kokaïen
Namibiese vrou in Hong Kong opgesluit oor kokaïen


Namibiese vrou in Hong Kong opgesluit oor kokaïen

Kosmos 94.1 Nuus verneem dat ’n 55-jarige Namibiese vrou in ‘n hof in Hong Kong verskyn het op ‘n aanklag van handel in gevaarlike dwelms. Die vrou, wie se naam nog nie amptelik bekendgemaak is nie, is verlede naweek in hegtenis geneem toe doeane by die lughawe 2 kilogram kokaïen in haar handsak gekry het. Die dwelms, wat glo in vals kompartemente versteek was, is sowat 5,2 miljoen Namibiese dollar werd. Die vrou het volgens die doeane-diens vanaf Windhoek na Hong Kong gevlieg via Addis Abeba en Dubai. Ingevolge die stadswette is handel in gevaarlike dwelms ‘n ernstige oortreding en die maksimum straf hou ‘n sowat 12 miljoen dollar boete en lewenslange tronkstraf in. Dit is nog nie seker wanneer die vrou weer in die hof in Wes-Kowloon sal verskyn nie.



Source link

Leave a Reply

Your email address will not be published.