Namibiese watervlakke raak slegter
Al die land se groot riviere het laer watervlakke aangeteken sedert die vorige lesings geneem is. Volgens die Hidrologiese Dienste van Namibië het die Zambezirivier by Katima Mulilo ‘n watervlak van 1,53m aangeteken. Dit is baie laag vergeleke met dieselfde tyd verlede jaar. Die Okavangorivier by Rundu het afgeneem tot 5.45m, wat egter effens hoër is as verlede jaar. Die watervlakke van die benede-Oranjerivier is steeds uiters laag. Blouputs het 53cm aangeteken en Sendelingsdrift was op 21cm. Die Kunenerivier by Ruacana is ook heelwat laer as verlede week, maar die vloei van 292 kubieke meter per sekonde is heelwat hoër as hierdie tyd verlede jaar.
Leave a Reply