NamLITS-veldtog skop af
Die NamLITS-veldtog het landwyd afgeskop sal tot 31 Oktober duur. Amptenare van die direktoraat veeartsenydienste in die landbouministerie in samewerking met die Vleisraad van Namibië onderneem die veldtog. Die word aangedryf deur die groot aantal brandmerke van vee op die NamLITS-databasis wat nie in gebruik is nie en verouderde vee-verwante inligting. Die doel van die veldtog is om bewusmaking te kweek en boere op te voed oor die toepaslike gebruik van oorplaatjies en brandmerke asook om leiding te gee oor hoe om aanlyn op NamLITS te registreer. Daar sal stasies in elke streek wees om veeboere by te staan. Vleisraad-bestuurder Victor Klanzen deel waarom hierdie veldtog belangrik is…
Leave a Reply