Nampol bevestig sterfte van Zimmerman-matriarg in gru-ongeluk
Die Namibiese polisie het bevestig dat Ure Zimmerman, 80, dood is in die gru-ongeluk wat Vrydagoggend op Hosea Kutako-rylaan plaasgevind het. Zimmerman het blykbaar in die rylaan ingedraai vanuit Parsons-straat en ‘n dubbelkajuitbakkie, van ‘n verhuringsmaatskappy, met ‘n Namibiër agter die stuur, het haar op die sy van haar motor getref. Sy is opslag dood en die bakkie se bestuurder, 43, is ernstig beseer. ‘n Derde voertuig wat agter die bakkie was, is beskadig toe ‘n paal van ‘n straatlig op sy motor beland het, maar die 27-jarige bestuurder is nie beseer nie. Die polisie ondersoek ‘n saak van strafbare manslag.
Leave a Reply