Nampol fnuik gewapende roof
Die Namibiese polisie sê hy het ‘n gewapende roof vandag in Wanaheda verhoed en verdagtes aangekeer in besit van onwettige vuurwapens en ammunisie, sowel as ‘n vals nommerplaat op ‘n onwettige voertuig. Volgens die mag was die klaer in die saak besig om kontant by verskeie besighede op te tel en het agtergekom hy word agtervolg. Hy het die polisie ingelig en lede is ontplooi. Die voertuig is tot van die Blackchain-inkopiesentrum in Katutura tot by die Ombili-vierrigting stop gejaag. Vier verdagtes, 26, 38, 46 en 48 jaar oud is gearresteer. Die 9mm Makarov sonder ‘n reeksnommer is gevind sowel as ‘n .38 rewolver, ook sonder ‘n reeksnommer. Die voertuig met die vervalste nommerplaat het ook geen lisensieskyfie gehad nie. Die ondersoek duur voort.
Leave a Reply