Nampol fnuik stroop-poging
Die Namibiese polisie sê hy het ‘n poging tot stropery gefnuik. Volgens die misdaadverslag is drie verdagtes laat Saterdagnamiddag op Eden, in die Grootfontein-distrik, deur plaaswerkers opgemerk. Owerhede is in kennis gestel en die polisie en die sogenaamde Blue Rhino Task Force is ingeroep. Die verdagtes het gevlug en in die proses, is een in die boud geskiet. Hulle is gearresteer en gevind met ‘n jaggeweer sonder ‘n reeksnommer, ammunisie, drie messe en drie rugsakke met kos en klere. Drie selfone is ook gevind. Die polisie se ondersoek duur voort.
Leave a Reply