Nampol hou veldtog teen dwelms op Otjiwarongo
Die Namibiese polisie beskou Otjiwarongo as een van die deurgangsroetes vir dwelmsmokkelaars met toenemende gevalle wat in die Otjozondjupa-streek aangemeld word. Vandeesweek is in die streek op 22,3 kilogram dagga beslag gelê. Daarom gaan die Nampol-hoof inspekteur-generaal Joseph Shikongo vandag ‘n opvoedkundige uitreikprogram oor die voorkoming van dwelm-verwante en ander misdaad op die Noorde-dorp hou. Hy sal die gemeenskap vanoggend by die DRC-sokkerveld toespreek.
Leave a Reply