Nampol kry 552 rondes ammunisie in nedersetting
Die polisie op Oshakati het beslag gelê of 552 rondes ammunisie en ‘n 47-jarige man in hegtenis geneem by die Otuwala-nedersetting. Hy het ammunisie vir R4, R5 en R6 wapens gehad, sowel as vir ‘n AK47, ‘n .303, ‘n 9mm pistool, ‘n 6.35 en ‘n .22 jaggeweer. Dit is volgens die mag in sy huis gestoor. Hy is gearresteer maar sal eers Maandag in die hof verskyn. Die ondersoek na die oorsprong van die ammunisie is aan die gang.
Leave a Reply