Nampol soek hulp na N$95 000-rooftog
Die Erongo-polisie soek die publiek se hulp in die opsporing van drie verdagtes. Volgens die mag het die drie ‘n man, wat 95 000 Namibiese dollar by die bank in kontant getrek het, tot by sy huis in Unionstraat in Walvisbaai agtervolg. By aankoms by die huis het hulle sy voertuig se ruit gebreek en hom met messe gedreig. Hy het die kontant oorhandig en die drie het sy voertuig se bande stukkend gesteek en toe in ‘n swart Honda Fit gevlug.
Leave a Reply