Namport raak baie besig
Na intensiewe bemarking deur Namport om as passasiervaartuig-bestemming erkenning te kry, word daar nou aangekondig dat hy gereed maak vir die aankoms van 15 passasiersvaartuie by die hawe van Lüderitz en 18 vaartuie by die hawe van Walvisbaai tussen November en Februarie volgende jaar. Dit is die piekseisoen vir vaartuigtoerisme. Die kusgebied se ekonomie vind baie groot baat uit die besoekers. Die ministerie van binnelandse sake implementeer ook omvattende maatreëls om ‘n maklike en gerieflike ervaring vir toeriste te fasiliteer en sekuriteitstandaarde te handhaaf.
Leave a Reply