Nampu wag op New Era oor hul Johnathan Beukes-petisie
Die media-vakbond Nampu het vroeër die week buite New Era se hoofkantoor betoog en geëis dat die besturende direkteur, Johnathan Beukes, in sy amp herstel word. Beukes is summier geskors nadat hy in ‘n hoofartikel kritiek uitgespreek het oor die deursigtigheid van die regsbank. Hulle het eindelik ‘n petisie aan New Era oorhanding nadat die koerant se uitvoerende hoof, Christof Meletsky, geweier het om hulle te woord te staan. Kosmos 94.1 Nuus het met Nampu-woordvoerder Charmaine Ngatjiheue gepraat oor wat hul pad vorentoe is.
Leave a Reply