NamRA wil sy skuld aan jou betaal, wag net jou bankbesonderhede
NamRA vra meer as 8 100 belastingbetalers wat amper N$67 miljoen in terugbetalings geskuld word, om te verseker dat hulle bankbesonderhede op hulle belastingprofiel is. Die agentskap het reeds 91 092 terugbetalings verwerk. Volgens Steven Ndorokaze, woordvoerder by NamRA, is van die opgawes so oud soos 1990, wat onlangs ingedien is.
Hy sê terugbetalings sal môre vrygestel word, aan diegene wat bankbesonderhede verskaf. Hy sê daar is ‘n epos wat gestuur kan word.
Leave a Reply