NamWater help eintlik regering uit

Home Uncategorized NamWater help eintlik regering uit
NamWater help eintlik regering uit


NamWater help eintlik regering uit

‘n Beroep is op die regering gedoen om dalk die geld wat aan NamWater verskuldig is deur landelike waterskemas, te vereffen. Skuld aan NamWater het teen September 2022 1,6 miljard Namibiese dollar beloop en terwyl die maatskappy van kritieke belang is, het hy nog net een reddingsboei, jare gelede, van 100 miljoen dollar ontvang. Inteendeel, NamWater het in 2016 meer as 235 miljoen dollar as reddingsboei aan die regering gegee om landelike watervoorsiening te bewerkstellig tydens die droogte. Kosmos 94.1 Nuus het met Abraham Nehemia, uitvoerende hoof van Namwater, gesels oor wat werklik die oplossing hier behoort te wees aangesien NamWater die regering uithelp.



Source link

Leave a Reply

Your email address will not be published.