NamWater sê oor Hardap, Berg Aukas

Home Uncategorized NamWater sê oor Hardap, Berg Aukas
NamWater sê oor Hardap, Berg Aukas

NamWater sê oor Hardap, Berg Aukas

NamWater het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat oor die krisis met die Berg Aukas-kanaal. Boere teen die kanaal het geen water nie as gevolg van ‘n tegniese probleem. Die sentrale damme maak egter ook staat op die kanaal en dus, die sentrale gebied wat Windhoek, Okahandja en meer insluit. Die kanaal verskaf water na die Omatakodam wat dolleeg is, terwyl die ander damme kommerwekkend min water oor het. Die kanaal wat vanaf die Berg Aukas-myn, net noord van Grootfontein suid loop, vorm deel van die sentrale gebied se noodskema. Kosmos 94.1 Nuus het met Abraham Nehemia, uitvoerende hoof van NamWater, gesels oor wat hulle doen om die situasie reg te stel.

Die Hardapdam is tans net 18,1 persent vol. Die hoofbestuurder van die Namibiese Landbouraad, Gilbert Mulonda, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê die verhoging van die damwal om die kapasiteit te vergroot kan op die lang termyn ‘n oplossing wees. Nehemia sê die idee word bespreek. 

source

Leave a Reply

Your email address will not be published.