Nanso praat in SA oor hoër onderwys
Die president van die Namibië Nasionale Studente-organisasie, of Nanso, Lucia Ndishishi, het ‘n afvaardiging van die organisasie se nasionale uitvoerende komitee en die Studenteraad-president van die Internasionale Universiteit van Bestuur na die 2de Suid-Afrikaanse Studentekongres-beleidskonferensie gelei. Die kongres is by die Nelson Mandela-universiteit in Suid-Afrika gehou en het beraadslaag oor die stand van hoër onderwys in Suider-Afrika. Kosmos 94.1 Nuus het met Nanso se woordvoerder, Dorothea Nangolo, gesels oor wat Namibië se rol tydens die beleidskonferensie was en wat die aanbevelings is.
Leave a Reply