Nasionale Jeugdiens ‘kort goeie leierskap’
Die openbare en privaat sektore moet saamwerk om werksgeleenthede vir Nasionale Jeugdiens-gegradueerdes en die jeug oor die algemeen te skep, sê vise-president Nangolo Mbumba. Dit kom na berigte dat net sowat 54 persent, of net meer as 3 500 uit meer as 6 500 rekrute, van die diens daarin geslaag om werk te kry. Die aktivis Dimbulukeni Nauyoma het egter aan Kosmos 94.1 Nuus gesê die jeugdiens vaar nou al vir ‘n lang tyd nie goed nie en het ‘n tekort aan goeie leierskap.
Leave a Reply