Natalie se moordsaak hervat in die hof
Die opspraakwekkende moordsaak van die nege-jarige Natalie Chipomho is weer in die hof vir verhoor voor regter Philanda Christiaan. Haar pa Edward Nkata en sy vrou Caroline, sowel as haar ma, Rachel Kureva staan tereg op haar moord. Volgens die staat is sy tussen 23 en 25 Januarie 2020 aangerand, en in ‘n asdrom geplaas om dood te gaan. Die drie het haar toe aan die brand gesteek in ‘n openbare asdrom in Windhoek Noord. Daar was in Augustus ontstellende getuienis oor haar gebreekte bene. Die Nkata-egpaar se 11-jarige seun is ook aangerand maar het oorleef.