NaTIS geloof vir puik aanlyndiens

Home Uncategorized NaTIS geloof vir puik aanlyndiens
NaTIS geloof vir puik aanlyndiens


NaTIS geloof vir puik aanlyndiens

Na aanleiding van die aankondiging dat motoriste regoor Namibië nou motorlisensies en rybewyse aanlyn kan bekom in plaas van om vir lang ure by NaTIS-dienssentrums tou te staan, het sosiale media-gebruikers hul Facebook gebruik om krediet te gee waar dit verdien word. ‘n Gebruiker sê byvoorbeeld dat sy gesukkel het om op die aanlynstelsel te registreer, maar nadat sy ‘n e-pos gestuur het is sy binne ‘n paar uur gebel en gehelp om te registreer. Motorlisensie-skyfies kan ook binne vyf werksdae by aansoekers afgelewer word. Die Paaie-owerheid se hoof uitvoerende beampte, Conrad Lutombi, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê hy is dankbaar dat die publiek van hul dienste hou. Hy doen ook ‘n beroep op die publiek om voorstelle te gee oor hoe om ander kommerwekkende faktore reg te stel.



Source link

Leave a Reply

Your email address will not be published.