Navo bevestig Oekraïne sal lid word
Die Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie het weer bevestig dat Oekraïne ‘n lid van die alliansie sal word. Die sekretaris-generaal, Jens Stoltenberg, het by die Navo-beraad in die Litause hoofstad Vilnius gesê hulle het ooreengekom om die vereistes vir ‘n aksieplan vir Kiëf se lidmaatskap van die alliansie te skrap. Hy sê Oekraïne se pad na lidmaatskap bestaan nou uit ‘n een-stap-proses in plaas van twee.
Leave a Reply