Navo-lede steeds verdeeld oor Oekraïne se lidmaatskap
Navo-lede is op die vooraand van ‘n beraad in Litaue steeds verdeeld oor Oekraïne se lidmaatskap. Jens Stoltenberg, Navo se sekretaris-generaal, sê hy het ‘n pakket voorgelê vir die vereiste vir ‘n lidmaatskap-aksieplan. Oekraïnse President Volodimyr Zelensky wat na verwagting die beraad in Vilnius gaan bywoon, wil ‘n duidelike uitnodiging hê om by die alliansie aan te sluit, ná die oorlog met Rusland. Zelensky wil ook waarborge vir sekuriteit tot daardie tyd bekom. Navo-lede in Oos-Europa steun Oekraïne se standpunt, maar ander, soos die VSA en Duitsland is versigtig vir enige skuif wat hulle in direkte konflik met Rusland sal bring uit vrees dat dit ‘n wêreldwye oorlog ontketen.
Leave a Reply