NBC ly reuse-verliese tydens 2021-staking
Die NBC het reuse-verliese gely in 2021 toe minstens 600 NBC-werknemers op ‘n landwye staking gegaan het. Dit is onthul tydens ’n openbare raadplegende vergadering oor die NBC-staking wat tans deur die Parlementêre Staande Komitee oor Menslike Hulpbronne en Gemeenskaps-ontwikkeling gehou word. Die staking is gehou op ‘n beginsel van “geen werk geen betaling” wat daartoe gelei het dat die werkers NBC moes terugbetaal vir die tyd wat hulle gestaak het. Die komitee het Nico Mwiya, kommersiële hoof, gevra oor die verliese wat die maatskappy tydens die staking gely het.
Leave a Reply