Neem standpunt in oor Israel-Palestina, SA regering: Bosa
Build One South Africa kritiseer die regering omdat hulle nie die oorlog tussen Israel en die Palestyne uitdruklik veroordeel nie. Die party voer aan daar is geen regverdiging vir die onlangse aanvalle deur Hamas nie. Die konflik het gelei tot verskeie burgerlike ongevalle, insluitende Suid-Afrikaners. Bosa se waarnemende woordvoerder, Roger Solomons, hou vol die regering het ‘n morele verpligting om voorkeur te gee aan sy burgers bo verbintenisse met terreurgroepe. Hy vra die regering om ‘n duidelike en beslissende standpunt in te neem.
Leave a Reply