NEFF-betoging oor Amushelelo vreedsaam
Lede van die Namibia Economic Freedom Fighters het vandag ‘n petisie aan die kantoor van die regbank oorhandig waarin hulle eis dat hul partylid en aktivis Michael Amushelelo uit aanhouding vrygelaat word. Amushelelo is in Maart tydens ‘n vreedsame optog deur werklose jeugdiges op Onafhanklikheidsdag in hegtenis geneem. Die oorhandiging het gepaard gegaan met ‘n vreedsame betoging by Zoo Park in die hoofstad.
Leave a Reply