Nege dae, 700 000 SIM-kaarte
Emilia Nghikembua, die uitvoerende hoof van die Namibiese Kommunikasie-owerheid, Cran, het bevestig dat die sperdatum vir SIM-registrasies 31 Maart sal bly. Volgens haar het Namibië 2,38 miljoen aktiewe SIM-gebruikers oor alle netwerke en 1,68 miljoen of 70,6 persent hiervan, is suksesvol geregistreer. Dit laat 700 000 in nege dae, met ‘n Paasnaweek daarby, oor. Kosmos 94.1 Nuus het met die kommunikasietegnologie-ministerie se senior skakelbeampte, Shoki Kandjimi, gepraat.
Leave a Reply