Neiging in energie-oorgang kan ontginning plaaslik bedreig – Kosmos 94.1

Home Uncategorized Neiging in energie-oorgang kan ontginning plaaslik bedreig – Kosmos 94.1
Neiging in energie-oorgang kan ontginning plaaslik bedreig – Kosmos 94.1



Neiging in energie-oorgang kan ontginning plaaslik bedreig

Internasionale media berig dat die petroleum-kommissaris Maggy Shino sê besprekings oor die energie-oorgang is ‘n uitdaging vir Namibië. Internasionaal is daar groot druk om na groen of volhoubare energiebronne oor te skakel, te midde van reuse-olieontdekkings in die land. Shino sê as Namibië nie ‘n nuwe bespreking oor energie-oorgang daar kan stel nie, sal die oliebronne in die ‘grond bly’. Die ontwikkelde wêreld poog dat lande wat pas olie ontdek het, dit nie ontgin nie. Die lynminister, Tom Alweendo, is op rekord dat Namibië sy bronne sal ontgin, nes deur Europa en die VSA gedoen is. Kenners meen olie en ander fossielbrandstowwe sal tot 2050 relevant bly. Ontginning van plaaslike bronne sluit die Kudu-gasveld in. Produksie sal na verwagting in 2026 begin met ‘n moontlik 600-megawatt wat vir uitvoere beskikbaar sal wees. 



Source link

Leave a Reply

Your email address will not be published.