Neonatale sterftes in die kollig
Die tweede sending van NEO vir Namibië is tans in Rundu en Katima Mulilo. Vir die eerste keer is prof. Thomas Berger vergesel op die toer deur dr. Christoph Honegger, ‘n verloskundige en ginekoloog. NEO vir Namibië is ‘n organisasie wat werk om die neonatale sterftes in Namibië te verlaag. Gegewe dat hoë kwaliteit sorg van neonate voor geboorte begin, sal Honegger se waarnemings nuttig wees om toekomstige intervensies aan te pas. Die span het daarin geslaag om die hoë aantal kraamsterftes by Katima en Rundu te verminder. Kosmos 94.1 Nuus het vir dr. Bernard Haufiku gevra hoekom die neonatale sterftes hoog is in Rundu en Katima.
Leave a Reply