Net 3 uit 6 raffinaderye in SA werk
Die Sentrale Energiefonds in die buurland waarsku Suid-Afrika staar ʼn dreigende brandstofkrisis in die gesig omdat die aanvraag na verwagting gaan toeneem terwyl raffinering onder druk bly. Slegs drie van die land se ses raffinaderye is operasioneel en net 35 persent verwerkingskapasiteit is beskikbaar. ʼn Woordvoerder van die fonds, Ayanda Noah, sê groter belegging in die soeke na nuwe bronne en bykomende olie- en gas-eksplorasie kan help om raffinaderye te laat herleef en kan brandstofvoorrade ʼn hupstoot gee. Die fonds verwag dat 53 persent verwerkte brandstofprodukte teen 2025 ingevoer sal word, wat neerkom op 604 000 vate per dag.
Leave a Reply