Net 6% van Suid-Afrikaners kan aftree
‘n Verslag deur 10X Investments toon, die meeste Suid-Afrikaners in die werkersklas moet dalk lewenslank werk weens onvoldoende voorsiening vir die oudag, met slegs ses-persent wat in gerief kan aftree. Skokkend genoeg het 30 persent van diegene ouer as 50 geen aftreevooruitsigte nie. Armoede verdiep die kwessie met bykans die helfte van die bevolking wat onder die armoedelyn leef. Vroue, wat aan die hoof is van talle huishoudings, vaar aansienlik swakker. in weerwil van staatstoelae is slegs 35-persent van afgetredenes gemaklik met hulle spaargeld, terwyl ander moet staatmaak op familie- óf staatshulp.
Leave a Reply