Netumbo sê Nam sal teen 2030 voldoen aan sy eie voedselvereistes
Die minister van internasionale betrekkings Netumbo Nandi-Ndaitwah sê Namibië sal teen 2030, oor net sewe jaar, kan voldoen aan al sy voedselvereistes. Haar aanmerkings kom te midde van die VN se Wêreldvoedselprogram wat sê dat amper 80 persent van die nodige voedsel ingevoer word. Die program sê wanvoeding is ‘n toenemde bekommernis, met 24 persent van kinders onder die ouderdom van vyf wat se groei vertraag is en 6 persent wat uitermatig ondergewig is. Die land se voedselsekerheid is kwesbaar met huishoudings wat staatmaak op regeringshulp regoor die land. Voedseltekorte word aangedryf deur verskeie faktore, insluitend lae produksie van voedsel en vee in kommunale gebiede, swak grondvrugbaarheid, oorbeweiding, langdurige droogtes en grondgebruikpraktyke. Namibië is ook ‘n netto-invoerder van sy stapelvoedsel, mielies.
Leave a Reply