Neymar breek Pele se rekord
Die Brasiliaanse voorspeler Neymar het wyle Pele se nasionale doelskoprekord verbeter. Neymar het Pele se 77 nasionale doelskoppe oortref deur sy 78ste en 79ste doele vir Brasilië aan te teken in ‘n vermorseling van 5-1 van Bolivië in ‘n Wêreldbeker-kwalifiseerder. Neymar sê hy het nooit kon dink hy sou dié prestasie behaal nie. Die president van die Brasiliaanse Sokkerkonfederasie, Ednaldo Rodrigues, het ‘n gedenkplaat aan hom oorhandig vir sy prestasie.
Leave a Reply