Neymar is eers op die kantlyn
Brasilië se nasionale spandokter, Rodrigo Lasmar, het bevestig die voorspeler Neymar gaan lank op die kantlyn sit na ‘n onlangse knie-besering. Hy het twee weke gelede ‘n operasie ondergaan en gaan na verwagting ‘n hele ruk lank buite aksie wees weens ligament- en ander beserings in die linkerknie. Lasmar is tevrede met Neymar se vordering, maar beklemtoon die ingewikkelde aard van die besering, wat ‘n uitgebreide rehabilitasie-proses noop. Die Brasiliaanse beheerliggaam hoop Neymar sal kan terugkeer vir die 2024 Copa America in Junie.
Leave a Reply