NG Kerk verdeeld oor gay huwelike

Home Uncategorized NG Kerk verdeeld oor gay huwelike
NG Kerk verdeeld oor gay huwelike


NG Kerk verdeeld oor gay huwelike

Plaaslike media berig dat die kwessie van gay huwelike struwelinge in die NG Kerk in Namibië veroorsaak. Volgens die Afrikaanse dagblad Republikein sal die altesaam 44 NG gemeentes in Namibië teen Maart 2025 finaal moet besluit of hulle instem dat die sinode van Namibiese NG-gemeentes van die algemene sinode van die NG Kerk moet wegstap. Dit volg nadat die Namibiese uitvoerende liggaam van die gemeentes besluit het dat die liggaam van voorneme is om uit die huidige verband met die algemene sinode te tree. Ds. Thijs van der Merwe van die Windhoek-gemeente en ook die algemene sekretaris van die NG Kerk in Namibië, het aan die media verduidelik dat die Namibiese sinode in Maart 2022 reeds bekend gemaak het dat hulle sal uittree indien die algemene sinode se kwessie van selfdegeslaghuwelike nie geskrap word nie. Die algemene sinode wil ruimte laat dat selfdegeslaghuwelike in NG kerke bevestig kan word. 



Source link

Leave a Reply

Your email address will not be published.