Niemand vervolg ná noodlottige 2018-ontploffing by Denel
Die Wes-Kaapse direkteur vir Openbare Vervolgings, Nicolette Bell, het die besluit aangekondig om niemand strafregtelik te vervolg oor die noodlottige ontploffing in 2018 by die Rheinmetall Denel Munition-fabriek in Somerset-Wes nie. Die ontploffing het agt lewens geëis. Bell sê in ‘n brief die besluit volg ná deeglike oorweging van vertoë en beskikbare bewyse. ‘n Ondersoek van die departement van indiensneming en erbeid het oortredings uitgelig en strafregtelike vervolging aanbeveel. Tydens die ondersoek het getuies strukturele tekortkominge uitgewys asook risikobepalings wat oor die hoof gesien is in die aanloop tot die ontploffing.
Leave a Reply