Nienaber maak eers Vrydag sy Bokspan teen Frankryk bekend
Rugby: Die Springbok-hoofafrigter, Jacques Nienaber, beplan om eers Vrydagoggend sy span vir die Wêreldbeker-kwarteindstryd teen Frankryk bekend te maak. Die besluit word gesien as ‘n manier om die gashere tot op die laaste oomblik aan die raai te hou. Kenners meen die Franse afrigter, Fabien Galthie, sal daarvan hou om vroegtydig te weet wat Nienaber se planne is rakende die nommer tien-trui en die verdeling op die bank. Die groot debat gaan oor wie op losskakel begin, Manie Libbok of Handré Pollard, en of Willie le Roux of Damian Willemse op heelagter sal wees.
Leave a Reply