Nieu-Seeland behaal sy eerste oorwinning in toetsreeks teen SA
‘n Honderdtal deur Kane Williamson en ‘n vyftigtal deur Will Young was die dryfkrag in Nieu-Seeland se sege oor die Proteas in die tweede toets in Hamilton. Die Proteas het eerste gekolf en is in die eerste beurt vir 242 uitgehaal, waarna hulle die Swart Pette vir 211 uitgeboender het vir ‘n skrale voorsprong van 31 lopies. Die besoekers is in die tweede beurt vir 235 uitgehaal, wat aan die tuisspan ‘n teiken van 267 gestel het, wat hulle gehaal het met drie paaltjies plat. Dit was Nieu-Seeland se eerste oorwinning in ‘n toetsreeks oor Suid-Afrika.
Leave a Reply