Nigerië beboet Binance met N$190 miljard
Die Nigeriese regering eis meer as 190 miljard Namibiese dollar se vergoeding van die kripto-geldeenheid maatskappy, Binance. Hy sê Binance het buitelandse valutakoerse gemanipuleer deur geldeenheidspekulasie en koersvasstelling, wat veroorsaak het dat die naira die afgelope paar maande byna 70 persent van sy waarde verloor het. Kosmos 94.1 het berig twee Binance bestuurders is verlede week gearresteer. Kripto-geldeenheidtransaksies ter waarde van sowat 12 persent van Nigerië se totale inkomste of BBP, het in die jaar tot Junie 2023 plaasgevind.
Leave a Reply